Ek gaan die komende
Vrydag van `n goeie vriend afskeid neem. Gerhard se heengaan het my
nogsteeds in skok omdat dit so onverwags was. Ek het so drie jaar gelede `n
goeie vriendin ook so onverwags aan die dood afgestaan.
My twee goeie maats wat
so skielik weg is herhinner my aan `n gedig wat ek baie lank terug op skool
gelees het: Die Hardloper deur Ernst
Van Heerden. Die gedig handel oor `n goeie, toegewyde geesdriftige langafstand
atleet wat die baan vee met sy opponente. Die gedig het my geintereseer
omdat ek self `n 800 meter atleet op skool was. Alhoewel ek die 800 geniet het
moet ek darem ook noem dat die wedloop – soos die 1500 meter- een van die
uitmergelendste wedlope in atletiek is. Jy moet natuurlik fiks wees, maar ook `n
goeie balans tussen spoed en stamina het omdat die pas so vinnig is. In die
gedig durf die hardloper elke wedloop met groot gees aan en gee sy beste. Hy word
egter bewus in een van die wedlope van `n ‘ongesiene’, geheimsinnige opponent wat
in sy nek blaas en kort op sy hakke is. Hy wen die resies maar is bewus daarvan
dat die vreemde opponent hom in `n toekomstige wedloop gaan verby steek en wen.
In baie gevalle soos
Gerhard se onverwagde heengaan, reflekteer mense altyd oor hoe kort die lewe
is; “Die lewe is so kort, `n mens moet jou lewe en drome voluit lewe terwyl jy
kan.” Uit `n Christelike oogpunt het die sienswyse my nog altyd `n bietjie
gepla: Enige iets en alles in die Hemel is en gaan tog sekerlik beter wees as
enige iets op `n bucket list soos bungee jump, valskerm spring, die wêreld
toer, baie geld maak, ens. Volg jou drome, maar terselfde tyd lewe jou lewe
reg- raad wat ek self nie aldag volg nie, maar ek probeer. Volg jou drome, maar
koester eerder meer die tyd wat jy met familie kan spandeer. As hulle weg gaan,
wees hardseer maar troos jouself dat dit net vir `n rukkie is tot weer siens.
Jy hoef nie meer te
hardloop nie Gerhard, jy kan nou rus my vriend.
Die Hardloper – Ernst Van Heerden
Met wilde maar met suiwer hart
het hy die woeste wedren fel begin,
en elke myl met rappe voet getart,
hy sou die vlugste lopers nog oorwin.
Hy het geloop met stormdrang in sy bloed,
sy ademstoot ‘n hete windgejaag,
die see se branding in sy strenge moed,
toe hoor hy reeds die donker, bitter vraag:
Wie is hierdie ongesiene makker in die loop,
van wie die voet langs syne en die wind
van asem agter hom, van wie die hoop
dat nog ‘n bors die dun wit lint mag vind?
Die vreemde spanmaat het hy nie geken,
nooit hardloop hy weer sonder pyn of vrees;
hy weet al het hy nou die loop gewen,
die ander man sal eendag eerste wees.
Ter nagedagtenis van
Gerhard De Jager ~ 1968 - 2013.
ek is so lief vir Ernst Van Heerden se gedigte en ek kan hulle uit die kop uit aanhaal. Die taai klou van die grond
ReplyDeleteVermenigvuldig elke pond
Die ruie vlegsel van die spier
Is - triomfantelik! - 'dier
Wat met een kap bllitssnel
Die swaartepunt verstel