Doctors
without borders…..
Hy kon in enige Medi Clinic praktiseer, `n
Mercedes ry, in Seepunt bly. Dalk later, maar hy wou eers terug ploeg in die
wêreld. Hy wou sy gawe gebruik om die wat dit die nodigste het te help. Zambia,
dit is waarna toe hy besluit het om te gaan. Een van drie van die armste lande
in die wêreld, `n land wat gebuk gaan onder Malaria, HIV en TB. So erg dat
ekonomiese groei en sosiale ontwikkeling plat getrek en belemmer word. Die
status van gesondheid in veral landelike gebiede word gekenmerk deur vreeslike
ellende as gevolg van hoë armoede syfers, wanvoeding, swak sanitasie, `n swak
onderwys stelsel, en ontoegangbare gesondheidsdiense. En dan is daar die
geweldadige terroriste groepe wat in die land operationeel is- die haglike toestande word vererg deur hulle aksies en aktwiteite. Die
ontvoering van buitelanders met die doel om `n geldelike beloning te eis vir
hul vrylating is `n gewilde en bekende oefening onder die terroriste. Hy was
hierteen gewaarsku. “Ek sal okay wees, in die Here vertrou ek.”
5
maande later
Die trok kom tot stilstand. Hulle moes
twee dae gery het…dink hy. Twee dae gelede moes hy hulpeloos toekyk hoe die
barbare die onbeskermde dorpie inval en die plaaslikes uitmoor, verkrag en verbrand.
Hulle het nie `n vinger gelê op hom en die Amerikaanse verpleegster Alice
Bennett Parker nie. Hulle was agter in `n trok in gegooi, toe hulle wegry het
hy nog die gille gehoor. En dan was daar onbekende stank wat in die lug gehang
het, iets het vir hom gesê dit is gebrande liggame. “Here, waar is U?” Stilte.
Hy en Alice word geblinddoek voor die
kameras op hulle gerig word. Hy kon nie die taal verstaan nie, maar dit was nie
moeilik om aftelei dat die terroriste “finansiele vergoeding” eis vir hul vrylating. Hy lag bitter, “I told you so”. Na die opname word
hulle na `n ander vertrek gevat. Skielik en onverwags…VUISHOU! Alice kreun van
die pyn en sak neer of die vloer. Die terroris maak sy broek los en stoot haar
bene uitmekaar. “NEE! NEE! LOS HAAR UIT JOU STUK GEMORS!” Hy gaan nie toelaat dat
sy verkrag word nie! Hy ruk los uit die greep van die terroris wat aangestel is
om `n oog oor hom te hou en storm op die "duiwel" af wat neerbuk oor Alice. Hy
kon nie sin maak van wat toe gebeur nie, maar die skok en onverwagsheid van wat
afspeel stop hom in sy treë…
…die terroris wat oor Alice buk, die helfe
van sy kop het verdwyn! Alice word gebad in die bloed wat uit die massiewe
opening van sy skedel spoel. Histeries en gillend stoot Alice die lewelose
bebloede liggaam van haar af. Hy draai om en staar na die terroris wat hom vroeer in `n ystergreep gehad het- hy lê leweloos met sy rug teen die muur. Die bokant van sy ook is skedel is
ook weg, `n groot plas bloed teen die muur agter hom…
`n
minuut vroeër…
---
Operation Code
Name: Florence Nightingale
Florence
Nightingale: Alice Bennett Parker
Operation
Leader: Pappa Bear
Navy Seal 1: Sabre-Tooth 1
Navy Seal 2: Sabre-Tooth 2
Navy Seal 1: Sabre-Tooth 1
Navy Seal 2: Sabre-Tooth 2
Blackhawk Pilot:
Eagle Wing
---
Pappa
Bear: Be advised that Florence Nightingale seems to be in distress under the
unwelcome attentions and intentions of foxtrot enemy one. Fire at will, I
repeat…fire at will.
Sabre-Tooth 1: Roger that, I’ve got a visual on Foxtrot target one, taking the
shot.
Sabre-Tooth 2: I’ve got a visual on Foxtrot target two, I’m taking him out.
**2 skote
word afgevuur**
Sabre-Tooth 1: Foxtrot 1 is down, I repeat, Foxtrot is down.
Sabre-Tooth 1: Foxtrot 1 is down, I repeat, Foxtrot is down.
Sabre-Tooth 2: Foxtrot 2 is down.
Pappa
Bear: Sabre-Tooth 1, move out and
extract Florence Nightingale. Sabre-Tooth 2, provide cover fire if necessary.
Sabre-Tooth 1: Copy that, moving out.
Eagle
Wing: Be advice that Blackhawk is airborne; ETA is 5 minutes, prepare to
extract Florence Nightingale.
Sabre-Tooth 2: Florence Nightingale and her companion is secured. I repeat, the
packages is secured. Mission complete, let’s go home.
No comments:
Post a Comment