Wednesday, 20 May 2015

Die Jagtog

Kátia~ “Kat” in Grieks/

Die wilde bloeddorstige rondloper hond is kort op haar hake, met een doel: haar gebreekte nek tussen sy kake terwyl die lewe uit die liggaam vloei. Instink. Natuur. Kos. Maar vir haar was die hoëspoed-jagtog deur die half geboude huis `n speletjie, `n avontuur; links, `n vinnige regs, oor die stene, om die verf blikke en bou gereedskap, deur die raamlose venster, op met die trappe! Haar jagter agressief, kwylend, en knorrend in hot pursuit. Maar sy was rats, haar blitsvinnige reflekse seker en onbetwyfeld. Die jagter kon nie kers vashou nie.

Die hond het haar begin verveel, so met akrobatiese spronge is sy by die Eerste! Tweede! Derde! Vierde! En Vyfde vlak van `n scaffolding op. `n Laaste sprong en sy kom tot stilstand op die sesde en heel boonste platform. Untouchable. Met `n stert wat lui rond swaai, amper soos `n dansende Egiptiese kobra op die maat van fluit musiek, staar sy emosieloos en verveeld na die blaffende gedierde onder op die grond. Na `n rukkie besef die jagter sy prooi is buite bereik. Hy gee op en beweeg aan. Uitoorlê.

Vlugvoetig trippel sy oor die hout platform van die sesde vlak en berei haarself voor vir `n akrobatiese sweefende sprong na `n ander scaffolding wat `n paar meter weg staan van die een waarop sy haarself bevind. Sy versnel oor die los stuk seil wat op die hout lê, agter pote wat sak en reg maak om die nodige momentum en krag te bied wat haar soos `n peil uit `n boog die lug in gaan skiet. Takeoff!

Nee…iets is verkeerd. Nie op nie, nie sweefend nie. Val. Afwaards! Gravitasie soos `n magneet. Die seil waaroor sy vlugvoetig getrippel het, het `n gat in die hout verskuil. Die opening word gebruik om stene, sement en verf blikke op te huis van die grond af.

Sy het ongeëwenaarde sintuie in die diere rykdom- reukvermoë wat gevaar en prooi oor lang afstande ruik, nag visie, en sensitiewe gehoor wat die fynste geluide registreer. Dit is nogsteeds geen uitdaging vir `n versteekte gat onder `n seil…

Val. Afwaards. Gravitasie soos `n magneet!

Ontkant gevang. Die onverwagte val laat tree paniek in. Maar daar is hoop. Instink neem oor; halfpad deur die val vat top-klas akrobatiese bewegings en balans ingestempel in haar anatomie oor en neem beheer van haar vallende liggaam. Balans gaan seëvier. Die ligaam berei ditself voor om op al vier pote te land. Tervergeefs, onder op die grond wag `n oop blik 10 liter Dulux verf.

~KLOEMP!~

Wankelrig en disorienteerd forseer sy haar lyf uit die verf blik. Al haar sintuie is verdoof, uitgestel. Onreëlmatige hardklop. Wat nou? Huis toe…nee antwoord instink. Jou soort gaan sterf soms alleen. Sommer iewers onder `n bos, waar jy onversteurd kan heengaan. Sy gehoorsaam die opdrag en sak `n minuut later onder `n digte fynbos inmekaar, bewusteloos. Die dood opsoek na haar.

4 aande later:

Pa het Maandagaand toe sy nie huis toe kom nie lank met die flits buite in die donker om die huis gaan soek, haar naam herhaaldelik geroep, maar geen teken. Dinsdag oggend het ek en ma “vermis” pamflette by winkels en teen bome gaan plak. Dit is Woensdagaand vandag, ek het heeldag in die vensterbank gesit en wag, net dalk…Ma het vir Pa gefluister dat dit nie goed is vir `n sesjarige om heeldag so te sit en wag nie, so te treur nie. Ma het voorgestel ons hou begrafnis, dit is tyd om totsiens te sê…

Ons steek `n kersie aan en sit dit neer voor een van die “vermis” pamflette.

~Gekerm van `n Kátia ~

Geskok en met afgryse kyk hulle na die seun se troeteldier wat wankelrig en swak die kombuis instap… haar pels is bedek met `n wit olierige laag. Pote word stadig en onseker geplaas. Sy stap na haar water bak en begin drink.

Sy was vir 4 dae in `n plek tussen die werklikheid en illusie wat `n dier nie kan verstaan nie. Sy was bang, soos `n mishandelde dier wat aanhoudend gemartel word. Sy het aanhoudende gekerm en geroep vir haar eienaar in die vreemde plek, maar haar eienaar was nie daar nie. Die vreesaanjaenste oomblike was die konstante hoëspoed-jagtogte. Die jagtogte was nie soos die ander nie. Dit was nie `n avontuur nie, dit was nie `n speletjie nie. `n Donker knorrende skaduwee sonder vorm het haar tot uitputting gejag, tot die uiterste gedruk, gedurig en altyd op haar spoor.  Dit het haar ge-ewenaar in spoed, ratsheid en balans. Na 4 dae het `n scaffolding verskyn, en sy het uitgeput maar rats van een vlak na die ander gespring tot sy die boonste vlak bereik het. Die donker skaduwee sonder vorm het net van onder op na haar gestaar, knorrend. Van pure uitputting het sy in `n bol opgekrul en aan die slaap geraak op die boonste vlak. Sy het onder die fynbos bewussyn herwin. Bewerig en dehidreerd, so het sy opgestaan en huiswaards gekeer.







No comments:

Post a Comment