2002
Petra. Petra wie 31 was, maar gelyk het asof sy 20 jaar oud
is. Petra wie besluit het om van haar werk, wat `n skamele salaris aan haar
besorg het, te bedank en voltyds te kom swot. Sy wou `n beter lewe vir haarself
hê. Petra wie net net die mas kom opgekom in ons kursus. Petra wie toe op die
einde Programmering gedop het. Maar daar was hoop, daar was `n hereksamen. “Ek
gaan nie opdaag vir die hereksamen nie, ek gaan dit in elk geval nie slaag nie.
Ek weet nie wat ek gedink het om weer te kom swot nie, ek is te oud hiervoor”. Totsiens
Petra.
2003
Die kampus was `n miernes van aktiwiteite die eerste dag. `n
Nuwe jaar, `n nuwe begin. Son gebrande lywe omhels mekaar en vertel opgewonde
van hulle vakansie in Hermanus, op die plaas, in Thailand. Hare met highlights
in, groen strepe, pers strepe. Nuwe tattoos word gewys. Die vakansie (soos
enige vakansie) het `n bietjie rebelsheid uitgebring. Ek glimlag binne in
myself, kollege is awesome. Ek draai om in my stoel en kyk van uit die tweede
verdieping oor die parkeer area na die karre wat vastrek. Dit was `n
buitengewone koue somers oggend. Die son was op, met mis wat dig en laag bo die
grond hang. Die studente wat uit motors klim en deur voertuie beweeg lyk soos
onheilspellende skaduwees wat deur die mis wandel.
My aandag word getrek en gevestig op `n spesifieke kar wat
deur die hekke ry. Die drywer ry teen kruip spoed opsoek na parkering. Daar is
`n spasie oop onder die gebou waarin ek is, die kar beweeg in en eien die
parkeer plek. Dit kon my verbeelding wees, maar `n kol gaan oop in die dik mis
en die son stralle kry die teer. Die drywer klim uit die kar. Nog `n onheilspellende
skaduwee wat deur die mis beweeg. Die figuur tree in en eien die kol wat oop
gegaan het tussen die dik mis, die kol wat opgehelder word deur die son. Petra
kyk op, maak haar oë toe en glimlag. Daar staan sy in die son, mis aan weerskante wat lyk
asof dit haar wil omhels. Die sonstrale soepel op haar vel. Welkom terug Petra,
jy het dit toe gemaak.
No comments:
Post a Comment