Kátia~ “Kat”
in Grieks/
Die wilde bloeddorstige rondloper hond is kort op haar hake,
met een doel: haar gebreekte nek tussen sy kake terwyl die lewe uit die liggaam
vloei. Instink. Natuur. Kos. Maar vir haar was die hoëspoed-jagtog deur die
half geboude huis `n speletjie, `n avontuur; links, `n vinnige regs, oor die
stene, om die verf blikke en bou gereedskap, deur die raamlose venster, op met
die trappe! Haar jagter agressief, kwylend, en knorrend in hot pursuit. Maar sy
was rats, haar blitsvinnige reflekse seker en onbetwyfeld. Die jagter kon nie
kers vashou nie.
Die hond het haar begin verveel, so met akrobatiese spronge
is sy by die Eerste! Tweede! Derde! Vierde! En Vyfde vlak van `n scaffolding
op. `n Laaste sprong en sy kom tot stilstand op die sesde en heel boonste
platform. Untouchable. Met `n stert
wat lui rond swaai, amper soos `n dansende Egiptiese kobra op die maat van fluit
musiek, staar sy emosieloos en verveeld na die blaffende gedierde onder op die
grond. Na `n rukkie besef die jagter sy prooi is buite bereik. Hy gee op en
beweeg aan. Uitoorlê.
Vlugvoetig trippel sy oor die hout platform van die sesde
vlak en berei haarself voor vir `n akrobatiese sweefende sprong na `n ander
scaffolding wat `n paar meter weg staan van die een waarop sy haarself bevind. Sy
versnel oor die los stuk seil wat op die hout lê, agter pote wat sak en reg
maak om die nodige momentum en krag te bied wat haar soos `n peil uit `n boog
die lug in gaan skiet. Takeoff!
Nee…iets is verkeerd. Nie op nie, nie sweefend nie. Val. Afwaards!
Gravitasie soos `n magneet. Die seil waaroor sy vlugvoetig getrippel het, het `n gat in
die hout verskuil. Die opening word gebruik om stene, sement en verf blikke op
te huis van die grond af.
Sy het ongeëwenaarde sintuie in die diere rykdom- reukvermoë wat gevaar en prooi oor lang afstande ruik, nag visie, en sensitiewe gehoor wat die fynste geluide registreer. Dit is nogsteeds geen uitdaging vir `n versteekte gat onder `n seil…
Val. Afwaards. Gravitasie soos `n magneet!
Ontkant gevang. Die onverwagte val laat tree paniek in. Maar
daar is hoop. Instink neem oor; halfpad deur die val vat top-klas akrobatiese
bewegings en balans ingestempel in haar anatomie oor en neem beheer van haar vallende
liggaam. Balans gaan seëvier. Die ligaam berei ditself voor om op al vier pote
te land. Tervergeefs, onder op die grond wag `n oop blik 10 liter Dulux verf.
~KLOEMP!~
Wankelrig en disorienteerd forseer sy haar lyf uit die verf
blik. Al haar sintuie is verdoof, uitgestel. Onreëlmatige hardklop. Wat nou?
Huis toe…nee antwoord instink. Jou soort gaan sterf soms alleen. Sommer iewers
onder `n bos, waar jy onversteurd kan heengaan. Sy gehoorsaam die opdrag en sak `n minuut
later onder `n digte fynbos inmekaar, bewusteloos. Die dood opsoek na haar.
4 aande later:
Pa het Maandagaand toe sy nie huis toe kom nie lank met die
flits buite in die donker om die huis gaan soek, haar naam herhaaldelik geroep,
maar geen teken. Dinsdag oggend het ek en ma “vermis” pamflette by winkels en
teen bome gaan plak. Dit is Woensdagaand vandag, ek het heeldag in die
vensterbank gesit en wag, net dalk…Ma het vir Pa gefluister dat dit nie goed is
vir `n sesjarige om heeldag so te sit en wag nie, so te treur nie. Ma het
voorgestel ons hou begrafnis, dit is tyd om totsiens te sê…
Ons steek `n kersie aan en sit dit neer voor een van die “vermis”
pamflette.
~Gekerm van `n Kátia ~
Geskok en met afgryse kyk hulle na die seun se troeteldier
wat wankelrig en swak die kombuis instap… haar pels is bedek met `n wit
olierige laag. Pote word stadig en onseker geplaas. Sy stap na haar water bak en
begin drink.
Sy was vir 4 dae in `n plek tussen die werklikheid en illusie
wat `n dier nie kan verstaan nie. Sy was bang, soos `n mishandelde dier wat
aanhoudend gemartel word. Sy het aanhoudende gekerm en geroep vir haar eienaar
in die vreemde plek, maar haar eienaar was nie daar nie. Die vreesaanjaenste
oomblike was die konstante hoëspoed-jagtogte. Die jagtogte was nie soos die
ander nie. Dit was nie `n avontuur nie, dit was nie `n speletjie nie. `n Donker
knorrende skaduwee sonder vorm het haar tot uitputting gejag, tot die uiterste
gedruk, gedurig en altyd op haar spoor. Dit het haar ge-ewenaar in spoed, ratsheid en
balans. Na 4 dae het `n scaffolding verskyn, en sy het uitgeput maar rats van
een vlak na die ander gespring tot sy die boonste vlak bereik het. Die donker
skaduwee sonder vorm het net van onder op na haar gestaar, knorrend. Van pure
uitputting het sy in `n bol opgekrul en aan die slaap geraak op die boonste
vlak. Sy het onder die fynbos bewussyn herwin. Bewerig en dehidreerd, so het sy opgestaan en huiswaards gekeer.