Monday, 28 September 2015

Die Geneesheer

Doctors without borders…..
Hy kon in enige Medi Clinic praktiseer, `n Mercedes ry, in Seepunt bly. Dalk later, maar hy wou eers terug ploeg in die wêreld. Hy wou sy gawe gebruik om die wat dit die nodigste het te help. Zambia, dit is waarna toe hy besluit het om te gaan. Een van drie van die armste lande in die wêreld, `n land wat gebuk gaan onder Malaria, HIV en TB. So erg dat ekonomiese groei en sosiale ontwikkeling plat getrek en belemmer word. Die status van gesondheid in veral landelike gebiede word gekenmerk deur vreeslike ellende as gevolg van hoë armoede syfers, wanvoeding, swak sanitasie, `n swak onderwys stelsel, en ontoegangbare gesondheidsdiense. En dan is daar die geweldadige terroriste groepe wat in die land operationeel is- die haglike toestande word vererg deur hulle aksies en aktwiteite. Die ontvoering van buitelanders met die doel om `n geldelike beloning te eis vir hul vrylating is `n gewilde en bekende oefening onder die terroriste. Hy was hierteen gewaarsku. “Ek sal okay wees, in die Here vertrou ek.”

5 maande later

Die trok kom tot stilstand. Hulle moes twee dae gery het…dink hy. Twee dae gelede moes hy hulpeloos toekyk hoe die barbare die onbeskermde dorpie inval en die plaaslikes uitmoor, verkrag en verbrand. Hulle het nie `n vinger gelê op hom en die Amerikaanse verpleegster Alice Bennett Parker nie. Hulle was agter in `n trok in gegooi, toe hulle wegry het hy nog die gille gehoor. En dan was daar onbekende stank wat in die lug gehang het, iets het vir hom gesê dit is gebrande liggame. “Here, waar is U?” Stilte.

Hy en Alice word geblinddoek voor die kameras op hulle gerig word. Hy kon nie die taal verstaan nie, maar dit was nie moeilik om aftelei dat die terroriste “finansiele vergoeding eis vir hul vrylating. Hy lag bitter, “I told you so”. Na die opname word hulle na `n ander vertrek gevat. Skielik en onverwags…VUISHOU! Alice kreun van die pyn en sak neer of die vloer. Die terroris maak sy broek los en stoot haar bene uitmekaar. “NEE! NEE! LOS HAAR UIT JOU STUK GEMORS!” Hy gaan nie toelaat dat sy verkrag word nie! Hy ruk los uit die greep van die terroris wat aangestel is om `n oog oor hom te hou en storm op die "duiwel" af wat neerbuk oor Alice. Hy kon nie sin maak van wat toe gebeur nie, maar die skok en onverwagsheid van wat afspeel stop hom in sy treë…

…die terroris wat oor Alice buk, die helfe van sy kop het verdwyn! Alice word gebad in die bloed wat uit die massiewe opening van sy skedel spoel. Histeries en gillend stoot Alice die lewelose bebloede liggaam van haar af. Hy draai om en staar na die terroris wat hom vroeer in `n ystergreep gehad het- hy lê leweloos met sy rug teen die muur. Die bokant van sy ook is skedel is ook weg, `n groot plas bloed teen die muur agter hom…

`n minuut vroeër…
---
Operation Code Name: Florence Nightingale
Florence Nightingale: Alice Bennett Parker
Operation Leader: Pappa Bear
Navy Seal 1: Sabre-Tooth 1

Navy Seal 2: Sabre-Tooth 2
Blackhawk Pilot: Eagle Wing
---

Pappa Bear: Be advised that Florence Nightingale seems to be in distress under the unwelcome attentions and intentions of foxtrot enemy one. Fire at will, I repeat…fire at will.
Sabre-Tooth 1: Roger that, I’ve got a visual on Foxtrot target one, taking the shot.
Sabre-Tooth 2: I’ve got a visual on Foxtrot target two, I’m taking him out.
**2 skote word afgevuur**
Sabre-Tooth 1: Foxtrot 1 is down, I repeat, Foxtrot is down.
Sabre-Tooth 2: Foxtrot 2 is down.
Pappa Bear: Sabre-Tooth 1, move out and extract Florence Nightingale. Sabre-Tooth 2, provide cover fire if necessary.
Sabre-Tooth 1: Copy that, moving out.
Eagle Wing: Be advice that Blackhawk is airborne; ETA is 5 minutes, prepare to extract Florence Nightingale.
Sabre-Tooth 2: Florence Nightingale and her companion is secured. I repeat, the packages is secured. Mission complete, let’s go home.







Wednesday, 20 May 2015

Die Jagtog

Kátia~ “Kat” in Grieks/

Die wilde bloeddorstige rondloper hond is kort op haar hake, met een doel: haar gebreekte nek tussen sy kake terwyl die lewe uit die liggaam vloei. Instink. Natuur. Kos. Maar vir haar was die hoëspoed-jagtog deur die half geboude huis `n speletjie, `n avontuur; links, `n vinnige regs, oor die stene, om die verf blikke en bou gereedskap, deur die raamlose venster, op met die trappe! Haar jagter agressief, kwylend, en knorrend in hot pursuit. Maar sy was rats, haar blitsvinnige reflekse seker en onbetwyfeld. Die jagter kon nie kers vashou nie.

Die hond het haar begin verveel, so met akrobatiese spronge is sy by die Eerste! Tweede! Derde! Vierde! En Vyfde vlak van `n scaffolding op. `n Laaste sprong en sy kom tot stilstand op die sesde en heel boonste platform. Untouchable. Met `n stert wat lui rond swaai, amper soos `n dansende Egiptiese kobra op die maat van fluit musiek, staar sy emosieloos en verveeld na die blaffende gedierde onder op die grond. Na `n rukkie besef die jagter sy prooi is buite bereik. Hy gee op en beweeg aan. Uitoorlê.

Vlugvoetig trippel sy oor die hout platform van die sesde vlak en berei haarself voor vir `n akrobatiese sweefende sprong na `n ander scaffolding wat `n paar meter weg staan van die een waarop sy haarself bevind. Sy versnel oor die los stuk seil wat op die hout lê, agter pote wat sak en reg maak om die nodige momentum en krag te bied wat haar soos `n peil uit `n boog die lug in gaan skiet. Takeoff!

Nee…iets is verkeerd. Nie op nie, nie sweefend nie. Val. Afwaards! Gravitasie soos `n magneet. Die seil waaroor sy vlugvoetig getrippel het, het `n gat in die hout verskuil. Die opening word gebruik om stene, sement en verf blikke op te huis van die grond af.

Sy het ongeëwenaarde sintuie in die diere rykdom- reukvermoë wat gevaar en prooi oor lang afstande ruik, nag visie, en sensitiewe gehoor wat die fynste geluide registreer. Dit is nogsteeds geen uitdaging vir `n versteekte gat onder `n seil…

Val. Afwaards. Gravitasie soos `n magneet!

Ontkant gevang. Die onverwagte val laat tree paniek in. Maar daar is hoop. Instink neem oor; halfpad deur die val vat top-klas akrobatiese bewegings en balans ingestempel in haar anatomie oor en neem beheer van haar vallende liggaam. Balans gaan seëvier. Die ligaam berei ditself voor om op al vier pote te land. Tervergeefs, onder op die grond wag `n oop blik 10 liter Dulux verf.

~KLOEMP!~

Wankelrig en disorienteerd forseer sy haar lyf uit die verf blik. Al haar sintuie is verdoof, uitgestel. Onreëlmatige hardklop. Wat nou? Huis toe…nee antwoord instink. Jou soort gaan sterf soms alleen. Sommer iewers onder `n bos, waar jy onversteurd kan heengaan. Sy gehoorsaam die opdrag en sak `n minuut later onder `n digte fynbos inmekaar, bewusteloos. Die dood opsoek na haar.

4 aande later:

Pa het Maandagaand toe sy nie huis toe kom nie lank met die flits buite in die donker om die huis gaan soek, haar naam herhaaldelik geroep, maar geen teken. Dinsdag oggend het ek en ma “vermis” pamflette by winkels en teen bome gaan plak. Dit is Woensdagaand vandag, ek het heeldag in die vensterbank gesit en wag, net dalk…Ma het vir Pa gefluister dat dit nie goed is vir `n sesjarige om heeldag so te sit en wag nie, so te treur nie. Ma het voorgestel ons hou begrafnis, dit is tyd om totsiens te sê…

Ons steek `n kersie aan en sit dit neer voor een van die “vermis” pamflette.

~Gekerm van `n Kátia ~

Geskok en met afgryse kyk hulle na die seun se troeteldier wat wankelrig en swak die kombuis instap… haar pels is bedek met `n wit olierige laag. Pote word stadig en onseker geplaas. Sy stap na haar water bak en begin drink.

Sy was vir 4 dae in `n plek tussen die werklikheid en illusie wat `n dier nie kan verstaan nie. Sy was bang, soos `n mishandelde dier wat aanhoudend gemartel word. Sy het aanhoudende gekerm en geroep vir haar eienaar in die vreemde plek, maar haar eienaar was nie daar nie. Die vreesaanjaenste oomblike was die konstante hoëspoed-jagtogte. Die jagtogte was nie soos die ander nie. Dit was nie `n avontuur nie, dit was nie `n speletjie nie. `n Donker knorrende skaduwee sonder vorm het haar tot uitputting gejag, tot die uiterste gedruk, gedurig en altyd op haar spoor.  Dit het haar ge-ewenaar in spoed, ratsheid en balans. Na 4 dae het `n scaffolding verskyn, en sy het uitgeput maar rats van een vlak na die ander gespring tot sy die boonste vlak bereik het. Die donker skaduwee sonder vorm het net van onder op na haar gestaar, knorrend. Van pure uitputting het sy in `n bol opgekrul en aan die slaap geraak op die boonste vlak. Sy het onder die fynbos bewussyn herwin. Bewerig en dehidreerd, so het sy opgestaan en huiswaards gekeer.







Thursday, 14 May 2015

Die Terugkoms

2002
Petra. Petra wie 31 was, maar gelyk het asof sy 20 jaar oud is. Petra wie besluit het om van haar werk, wat `n skamele salaris aan haar besorg het, te bedank en voltyds te kom swot. Sy wou `n beter lewe vir haarself hê. Petra wie net net die mas kom opgekom in ons kursus. Petra wie toe op die einde Programmering gedop het. Maar daar was hoop, daar was `n hereksamen. “Ek gaan nie opdaag vir die hereksamen nie, ek gaan dit in elk geval nie slaag nie. Ek weet nie wat ek gedink het om weer te kom swot nie, ek is te oud hiervoor”. Totsiens Petra.

2003
Die kampus was `n miernes van aktiwiteite die eerste dag. `n Nuwe jaar, `n nuwe begin. Son gebrande lywe omhels mekaar en vertel opgewonde van hulle vakansie in Hermanus, op die plaas, in Thailand. Hare met highlights in, groen strepe, pers strepe. Nuwe tattoos word gewys. Die vakansie (soos enige vakansie) het `n bietjie rebelsheid uitgebring. Ek glimlag binne in myself, kollege is awesome. Ek draai om in my stoel en kyk van uit die tweede verdieping oor die parkeer area na die karre wat vastrek. Dit was `n buitengewone koue somers oggend. Die son was op, met mis wat dig en laag bo die grond hang. Die studente wat uit motors klim en deur voertuie beweeg lyk soos onheilspellende skaduwees wat deur die mis wandel.

My aandag word getrek en gevestig op `n spesifieke kar wat deur die hekke ry. Die drywer ry teen kruip spoed opsoek na parkering. Daar is `n spasie oop onder die gebou waarin ek is, die kar beweeg in en eien die parkeer plek. Dit kon my verbeelding wees, maar `n kol gaan oop in die dik mis en die son stralle kry die teer. Die drywer klim uit die kar. Nog `n onheilspellende skaduwee wat deur die mis beweeg. Die figuur tree in en eien die kol wat oop gegaan het tussen die dik mis, die kol wat opgehelder word deur die son. Petra kyk op, maak haar oë toe en glimlag. Daar staan sy in die son, mis aan weerskante wat lyk asof dit haar wil omhels. Die sonstrale soepel op haar vel. Welkom terug Petra, jy het dit toe gemaak.







Wednesday, 13 May 2015

Toe tragedie kom

Soos die slow motion scenes in die movies, so het dit afgespeel.

`n Sondag agtermiddag reis oppad terug Kaap toe. Ons was die naweek in Robertson vir die Wacky Wine fees. Ons geselskap was `n terugblik op al die naweek se avonture. Soos enige reis op `n lang pad, het die geselskap opgedroog, elkeen met sy eie gedagtes.

Dit is toe ons langs die pad die klein lyfie sien wat bewegingloos langs die pad lê, die verslae man wat bo hom staan- hy kyk links en dan regs en vryf sy vingers desperaat deur sy hare. Het hy die seuntjie gestamp?

Ons ry verby en sien 100 meter verder `n ander seuntjie wat hardloop in dieselfde rigting wat ons ry. Hy kom tot stil stand, draai om, strek sy arm reguit en die wysvingertjie skiet uit. Hy wys terug na die tragiese toneel, “Daar…daar het dit gebeur. Gaan soontoe, en gaan vind hardseer daar…”. Binne in die voertuig is sy mond en skreeuende gille stom en klankloos, maar die paniekbevange gesig vertel…

Ons ry 50 meter verder en sien vir wie hy skreeu. `n Vrou. Trane. Klanklose gille. Swaaiende arms en bene wat haas na tragedie, hardseer, rou. Ma?

Ons het verby haar gery. En net so, asof jy wakker skrik uit `n droom, beweeg tyd normaalweg aan. Die slowmotion scene is verby. Dit was soos om vir baie lank onder water te swem, en dan op te kom vir asem. Tragedie het sagies aan ons gestreel, maar hulle beet gekry. Dit het vir ons gefluister, “nie nou nie, later”. `n Herhinnering. Dit is soos geluk, soos haat, soos liefde.

Soos die slow motion scenes in die movies, so het dit afgespeel.